JENNY MILLS ARCHITECTURE AND INTERIOR DESIGN

We welcome the positioning of our Welgedacht Villa Project in the August 2022 Rooi Rose edition.

(article best viewed full screen)

The featured article text can be read below the PDF viewer in Afrikaans and the English translation.


Afrikaans:

Vakansie by die huis

Na byna twee jaar se opknappingswerk, is hierdie droomhuis in die Welgedacht-Landgoed voltooi. Argitek Jenny Mills vertel on meer van hierdie uitdagende projek.

Deur Leandri de Kock

Fotos David Ross

Stilis Kate Boswell

Argitek Jenny Mills Architecture & Interiors

Hierdie huis van 380 m2 in die Welgedacht-landgoed naby Kaapstad, het meer as net ’n paar eenvoudige veranderings behels, vertel argitek Jenny Mills. Sy gee hier insae in die proses:

Strukturele veranderings en aanbouings aan die bestaande huis was sorgvuldig bedink om die buitemure te behou, terwyl die binneruimte heeltemal herontwerp is om aan die kliënt se behoeftes te voldoen.

Die opdrag het versoeke vir ’n dubbelvolume-ingangsportaal, oopplanwoonvertrekke en ’n meer kontemporêre voorkoms met behoud van die oorspronklike skuinsdak ingesluit. Die huis sit op verskeie vlakke, wat ’n unieke uitdaging vir Jenny Mills Architecture & Interiors was. Ons het die bestaande betonplakke (slabs) afgebreek en nuwes aangelê. Om dit met ’n bestaande gebou te doen, het ’n mate van vernuf behels.

Aangesien die buiteleefruimte klein was, is die motorhuis vergroot sodat ’n groot terras met ’n swembad bokant dit gebou kon word. Die oorspronklike sitkamer is afgebreek en herbou om ’n groot leefvertrek te skep en die slaapkamers te vergroot.

KLOKSGEWYS VANLINKS BO: Die Tretchikoff-muurpapier wat sigbaar is vanaf die kombuis. Die oopplaneetkamer met eklektiese kuns. Die indrukwekkende aansig van die kontemporêre huis.

VORIGE BLADSY: Die kombinasie van teksture en metale maak die sitkamer elegant en modern.

Die eienaars het ’n besige sosiale lewe en daarom was groot genoeg onthaalplek noodsaaklik vir hulle.

Nog ’n uitdaging was om die klassieke hellingdak met die kontemporêre styl van die nuwe huis te verbind. Ons het dit gedoen met ’n horisontale, vrydraende betondakrand wat die dak skei en dit in die agtergrond laat sit, terwyl die plafon intern behou is.

Hoewel hierdie projek ’n opknapping was, moes ons basies van voor af begin het. Terwyl die oorspronklike voetspoor behoue gebly het, is dit werklik ’n nuwe huis. Die eienaars het die huis vir sy ligging in die pragtige Welgedacht-landgoed in Belville gekoop, maar dit is in kleiner vertrekke en verskillende vlakke opgebreek.

Als behalwe eenvoudig

Die huis is groot en hoewel hulle oopplanvertrekke wou hê, moes dit ook knus voel. Dit is bereik met stapeldeure wat toelaat dat die vertrekke heeltemal oop- of toegemaak kan word. Daar is ’n sterk verband tussen die buite- en binneruimtes behou aangesien die buitewoonvertrek wat uit die swembad bestaan en braairuimte in die leefvertrek geïntegreer is.

HIERDIE BLADSY: Een van die ruim slaapkamers met ’n kunstige agtergrond en hoë dakbalke wat die oog vang.

VOLGENDE BLADSY KLOKSGEWYS VANLINKS BO: Die badkamer het ’n skoon en moderne voorkoms. ’n Groot wit kandelaar vorm ‘n treffende fokuspunt bo die trappe. Hope lig stroom in die hoofslaapkamer en die en suite-badkamer in. Daar is baie glas gebruik om lig in te laat, ’n randvloei-swembad is geïnstalleer, en luukse afwerkings is oral deur die huis gebruik om ’n kontemporêre gevoel te skep. Wat kleurkeuses betref, wou die eienaars iets uniek hê.

Die huis is swart geverf en die swembad skep ’n mooi kontras met die blou teëls wat soos glas lyk. Daar is ook swart, blou en goud in die kombuis te sien, Tretchikoff-muurpapier in die gastebadkamer, en unieke kunswerke in die huis. Die eienaars wou voel asof hulle by die huis vakansie hou. Dis ’n transformasie waarop ons gehoop het, maar nie gedink het moontlik was nie.

Spesiale samesyn

’n Besige sosiale skedule is net so belangrik soos rustige stiltetyd. Die egpaar is albei mediese beroepslui én musikante en dis vir hulle nodig om te ontspan en te herlaai. Die ruim kuierplek gee beslis vir hulle die gevoel van ’n vakansie by die huis.

BO: Blou teëls is vir die swembad gebruik om die voorkoms van glas en water te gee.

LINKS: Die braai- en buitekuierplek was eers nie groot genoeg vir lekker onthaal nie, maar nou vloei dit moeiteloos van buite na binne.


English Translation:

Home is a Holiday

After nearly two years of renovations, this dream home in the Welgedacht Estate was finally complete. The architect, Jenny Mills, tells us more about this exciting project.

By Leandri de Kock

Photos David Ross

Stylist Kate Boswell

Architect Jenny Mills Architecture & Interiors

This home of 380m² in the Welgedacht Estate near central Cape Town, involved more than just a few alterations, the architect Jenny Mills explained. She gave more details on the process:

Structural changes and additions to the existing house were carefully designed to ensure the external walls could be kept unchanged, while the internal spaces were totally redesigned to cater for clients’ needs and requirements.

The brief required a double-volume entrance hall, open-plan living and more of a contemporary feel that enhanced the existing pitched roof. The house has different levels, which was a challenge for Jenny Mills Architecture & Interiors. We had to demolish the existing floor slabs and replace them with new floor slabs.  In order to achieve this required quite some ingenuity.

Since the outdoor living area was modest, the existing garage was extended to build a large terrace with a swimming pool above the garage. The original living room was demolished and rebuilt to allow for a larger living area and the bedrooms above could be more prominent as well.

CLOCKWISE FROM TOP LEFT: The wallpaper is visible from the kitchen. The open-plan dining area with eclectic art. The impressive view of the contemporary house.

PREVIOUS PAGE: The combination of textures and metals make the living room elegant and modern.

The owners have a very busy social life and therefore a large entertainment area was very important for them.

Another challenge was to balance and complement the existing classical pitched roof with the contemporary style of the new home. We have done this with horizontal, cantilevered concrete eaves that allowed us to separate it while keeping the internal ceiling.

Although this was an alteration project, we had to basically start from scratch. While the existing footprint remains, it is really a new house entirely. The owners purchased the property in Welgedacht Estate in Bellville due to its location but the house was separated into smaller rooms on different levels.

Anything but simple

The house is large and although they wanted open-plan areas, it also needed to have a cosy feel. This was achieved with sliding stacking doors that allowed the rooms to be open or closed off. There is a strong link between the outdoor and indoor living areas, due to the outdoor living with a swimming pool and braai area integrated with the living area.

THIS PAGE: The main bedroom with artwork in the background and high roof beams that captures the eye.

NEXT PAGE CLOCKWISE FROM TOP LEFT: The bathroom has a clean and modern appearance. A great white chandelier forms an expressive focus point above the stairs. Excess light streams into the main bedroom and the en-suite bathroom. There is plenty of glass used to allow light in, a rim-flow swimming pool has been installed, with luxury finishes used throughout the house to allow for a contemporary feel. When it comes to colour choices, the owners wanted something unique.  

The house has been painted black and the pool created a beautiful contrast with the blue tiles that look sleek. There is also black, blue and gold visible in the kitchen, Tretchikoff-wallpaper in the guest bathroom, and unique artwork in the house. The owners wanted to feel as though they were on vacation at home. This was a transformation that we were hoping for but was not sure whether possible.

Special ‘togetherness’

A busy social schedule is as important as a peaceful/relaxing time. The couple are both medical professionals and musicians, and it is important for them to relax and recharge. The spacious living area certainly gives them a feeling of vacation at home.

TOP: Blue tiles were used for the swimming pool to give it an appearance of glass and water.

LEFT: The braai and outdoor living were not big enough for a lovely reception, but now it flows effortlessly from outside to inside.